Watergehalte onder die loep in die buurland
Die Suid-Afrikaanse omgewingsgroep WaterCAN sê watergehalte is ‘n kritiese kwessie wat die welstand raak van gemeenskappe regoor die land. Die groep het Watertoetsingsweek in die buurland van stapel gestuur om gemeenskappe aan te moedig om meer bewus te word van die gehalte van die water wat hulle gebruik en inneem. Die uitvoerende bestuurder van WaterCAN, Ferrial Adam, sê die mikpunt is om gemeenskappe in te lig oor die water wat hulle gebruik sodat hulle ‘n aktiewe rol kan speel in die beskerming van hulle plaaslike waterbronne: