Uganda ondersoek bewerings oor terreur-baas en hoë amptenaar
Uganda ondersoek bewerings dat ‘n voormalige senior amptenaar van die internasionale strafhof betrokke was by die finansiering van die berugte Lord’s Resistance Army en sy leier, Joseph Kony. Volgens ‘n persverklaring uitgereik deur die prokureur van voormalige kindersoldate van die LRA, het talle slagoffers beweer dat Brigid Inder vir Kony tussen 2006 en 2017 gehelp en geld gegee het vir wapens. Inder het die bewerings ten sterkte ontken in ‘n verklaring op X, die voormalige Twitter. Kony, wat op vrye voet bly, het meer as drie dekades gelede ‘n bloedige rebellie in die noorde van Uganda begin, wat ‘n veldtog van terreur ontketen het wat na verskeie lande versprei het.