Namibië se geregtelike doeltreffendheid kort aandag – verslag

Volgens die jongste Heritage ekonomiese vryheidsverslag is Namibië se ekonomiese vryheid-telling 57,7, wat sy ekonomie die 102ste vryste in die 2023-indeks maak. Die telling is 1,5 punte laer as verlede jaar. Namibië is 12de gelys uit 47 lande in Afrika suid van die Sahara, en sy algehele telling is onder die wêreldgemiddeld. Die land geregtelike doeltreffendheid, het ‘n telling van 48,7 uit 100. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters, gesels wat sê daar is wel kritiek op die land se geregtelike doeltreffendheid.