Misdadigers by staat se motorhuise gefnuik
Staatsmotorhuise is al lank ‘n teiken van misdadigers wat maklike geld wil maak uit motoronderdele. Motors staan al jare by die staatsmotorhuise en diewe het dikwels motoronderdele gesteel, aangesien daar by die meeste van die motorhuise kwalik sekuriteit was. Sowat ‘n jaar gelede het die werke-ministerie geslotekringtelevisie geïnstalleer in ‘n poging om sekuriteit op te skerp. Ministeriewoordvoerder Julius Ngweda het die huidige situasie aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.