Namibiese vragmotors in dodelike botsing in Botswana
Berigte lui dat daar ‘n massiewe vragmotor-ongeluk in Botswana tussen Kang en die T-aansluiting na Namibië was. Namibiese vragmotors en bestuurders is betrokke en volgens verslae het drie bestuurders gesterf. Kosmos 94.1 Nuus het met Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers gesels, wat meer inligting oor die ongeluk gedeel het.