Vivo se oorname van Engen onder die loep by Nipam
Die Namibiese Mededingingskommissie sê ‘n openbare konferensie in verband met die verkoop van Engen Beperk aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy sal gehou word. Dit kom na die Brasiliaanse Petrobras sy aandeel verkoop het. Die byeenkoms word op 28 September vanaf nege tot een by Nipam in die hoofstad gehou. Buurlande soos Botswana en Suid-Afrika hou ook sessies en soek ook insette oor die oorname van die bekende brandstof handelsmerk. Belanghebbendes word uitgenooi om insette te lewer. Die kommer ontstaan omdat Vitol 100 persent aandeel in Vivo Energy, plaaslik die Shell handelsmerk, besit.