Gbs-dorpsraad sê daar’s geen waterkrisis nie, bronne op 6,1 persent

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die vlakke van waterbronne landswyd onrusbarend laag. Die Ooste se totale bronne staan op 6,1 persent met die Otjiverodam op 8,1 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is 29,8 en 5,5 persent vol. Die skakelbeampte van die Gobabis-dorpsraad, Frederick Ueitele, het aan Kosmos 94.1 Nuus sê ou infrastruktuur en pype wat bars is hoekom die dorp se totale waterbronne, wat verlede jaar hierdie tyd op 18,9 persent gestaan het, so sterk afgeneem het. Hy beklemtoon daar is geen waterkrisis op Gobabis nie.