Britse polisiemag slaan toe op misdadige beamptesSeptember 20, 2023

Meer as ‘n duisend beamptes van Brittanje se Metropolitaanse Polisie is tans geskors of op beperkte diens, omdat die mag probeer om van misdadige beamptes ontslae te raak. Die optrede volg op die skuldigbevindings van die voormalige beamptes David Carrick, ‘n reeksverkragter, en moordenaar Wayne Couzens. ʼn Woordvoerder van die Met, Stuart Cundy, sê die aantal beamptes wat betrek word is byna so groot soos ‘n klein polisiemag, met een uit 34 wat geskors of op beperkte diens is. Hy wys daarop dit jare kan neem om van al die korrupte beamptes ontslae te raak.