Werksonderhoude vir skoonmakers hou deur die nag aan
Gottlieb Shivute, burgemeester van Otjiwarongo, gaan ‘n in-diepte ondersoek van stapel stuur nadat sy raadsamptenare Maandagaand deurnag-werksonderhoude gehou het. Daar is met 41 kandidate onderhoude gevoer vir 17 vakante skoonmakerposte by die munisipaliteit. Die menslike hulpbron-bestuurder, Rachel Engelbrecht sê die onderhoudskomitee het aanbeveel dat die onderhoude saans gedoen word omdat daar so ‘n groot aantal kandidate was. Die onderhoude het van Maandagoggend 07:00 tot Dinsdagoggend 08:00 plaasgevind, terwyl Shivute uitstedig was. Engelbrecht sê dat kandidate gesukkel het om vrae te beantwoord en dit het bygedra tot die lang onderhoudsproses.