Sewe vermeende sluipmoordenaars in die hof in Oos-Kaap

Sewe verdagtes wat na bewering by ‘n reeks huurmoorde in Suid-Afrika betrokke is, sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Kariega in die Oos-Kaap verskyn. Die woordvoerder van die polisie, Priscilla Naidu, sê die verdagtes, wat verlede Vrydag in hegtenis geneem is, is gesoek in verband met verskeie moordsake waarvan die motiewe geldgierigheid en bedrog met versekeringseise was. Sy sê, die verdagtes staar aanklagte in die gesig, wat ten minste elf moorde insluit, waarvan twee dubbele moordsake in Kwanobuhle is; asook aanklagte van afpersing en bedrog.