Migrante in Europa ontaard in ‘n krisis

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê migrasie is ‘n ernstige uitdaging wat dringende en tasbare oplossings vereis. Sy het ‘n sentrum op die Italiaanse eiland, Lampedusa, besoek waar meer as 7 000 migrante verlede week binne drie dae aangekom het. Byna 126 000 migrante het tot dusver vanjaar in Italië aangekom. Von der Leyen het die vinnige uitsetting beloof van diegene wat nie asielstatus verkry nie en dat daar toegeslaan sal word die smokkel van mense: