Meisie dood na aborsie, fetus se oorskot onder haar bed gevind

Die Namibiese polisie sê ‘n fetus met verskeie geboortedefekte is in die Oshikango-nedersetting op Oshakati gevind. Volgens die mag het die oorskot, wat in ‘n slaapkamer gevind is, reeds begin ontbind. Die polisie verdink die meisie in wie se kamer die oorskot gevind is en sê sy het die baba geaborteer en onder haar bed in die grond begrawe. Die meisie het later gekla van maagpyn en is bewusteloos gevind. Sy is na die hospitaal afgevoer en is daar oorlede. Die baba se oorskot is Vrydag deur die mag gevind na ‘n soektog.