Katima se 24-uur grenspos bring uitdagings vir hospitale
Die opening van die Katima Mulilo-grenspos na ‘n 24-uur diens het nuwe uitdagings na vore gebring. Plaaslike media berig dat daar ‘n toestroming van pasiënte vanuit Angola is. Angolese burgers mag gratis gesondheidsorg by staatsfasiliteite in die land bekom. Dit het die bestuur van die Enkerhaus Privaat Hospitaal op Katima genoodsaak om bystand aan die staatshospitaal op die dorp te verskaf om dienste te kan lewer. Meer as 300 000 Namibiese dollar se toerusting is geskenk. Kos word ook uitgedeel, veral aan swanger vroue. Die twee hospitale werk reeds ‘n geruime tyd nou saam maar, dit het nou ‘n 24-uur uitdaging geword.