Fietsryers wys hul staal by Afrika-kampioenskappeJune 18, 2025
Namibië het reeds drie medaljes gewen by die Afrika-bergfietskampioenskap se Olimpiese veldresies in Pietermaritzburg. Roger Surén het silwer gewen in die junior mansresies en Sean Lowe brons. Delsia Janse van Vuuren het die bronsmedalje in die junior vroue-wedren gewen en Rosemarie Thiel was in die vyfde plek. In die elite mansresies het Hugo Hahn ‘n sesde plek in die Afrika-resies behaal. Vier bo-baas Namibiese bergfietsryers neem vandag aan die Afrika-marathonkampioenskap deel, ook in Pietermaritzburg. Hulle is Theuns van der Westhuizen, Vera Looser, Anri Greeff en Monique du Plessis.