Wanderers toekennings: Kosmos borg twee trofees
Wanderers het sy sportsterre vereer. Die geleentheid het ‘n jaarlikse instelling geword met Wanderers wat 103 jaar oud is en beskou word as die ontwikkelingsgrond van talle Namibiese sportkodes. Kosmos 94.1 het die prys in twee kategorie geborg – die manlike atleet wat die meeste ontwikkel het gedurende die jaar, en so ook prys vir die vroulike atleet. Rugbyspeler Tollie Tjipute het weggestap met die louere vir mans terwyl die hokkiespeler Danielle Walder die vroulike kategorie gewen het. Maar, die klub bly besig. Stephen Berry van Wanderers sê dinge hou aan gebeur.