95 persent van plaasmoorde nog onopgelos – AfriForum

AfriForum het ‘n verslag oor landelike veiligheid en plaasaanvalle vrygestel wat die lae syfer vir skuldigbevindings vir plaasaanvalle en -moorde tussen 2019 en 2022 weerspieël. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Johan Nortjé, het gesê 95 persent van hierdie sake moet nog opgelos word. Nortjé wys daarop dat uit die 1 402 plaasaanvalle en -moorde in hierdie tydperk, was daar slegs 66 skuldigbevindings. Hy sê daar was geen skuldigbevindings in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes of die Noord-Kaap nie.