Dementia hierdie maand onder vergrootglas
September is internasionale dementia maand en as deel van die maand-lange herdenking het Alzheimer’s Dementia Namibia sy aktiwiteite in week-segmente verdeel. Vanjaar kyk hulle na ‘n verskeidenheid kwessies waarvan Namibiërs nog nie bewus is nie, of wat die wanpersepsies rondom demensie is. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van Alzheimer’s Dementia Namibia, Berrie Holtzhausen, gesels.