ANC stel nie belang in koalisies nie
Suid-Afrika se adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC stel nie daarin belang om koalisies te vorm nie, maar dit het ‘n werklikheid van die Suid-Afrikaanse politieke landskap geword waarop die regering beter voorbereid moet wees. Hy sê regverdigheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid in die politieke stelsel kan egter verseker word indien die reëls, prosedures en moontlike sanksies bepaal kan word, wat van toepassing sal wees op politieke partye en onafhanklike raadslede wat saam regeer: