Vermeende stroper gevang met duiker-, likkewaankarkasSeptember 7, 2023
Stropery van Namibiese wilde diere duur voort. Die Namibiese polisie op Mururani in die Kavango Wes-streek sê ‘n 62-jarige Namibiese man is by die Mangetti-beesplaas betrap met die vleis van ‘n duiker en ‘n likkewaan. Die diere is volgens die mag met ‘n haelgeweer geskiet. Die waarde van die twee karkasse, wat teruggevind is, word op meer as 23 000 Namibiese dollar beraam. Die ondersoek duur voort en daar word verwag dat die man moontlik môre in die hof sal verskyn.