Mexiko sal vrouepresident hê, albei kandidate is vroue

Twee vroue gaan in volgende jaar vir die eerste keer in Mexiko se presidentsverkiesing meeding. Die gewese burgemeester van Mexico Stad, Claudia Sheinbaum, is benoem as die regerende Morena-party se kandidaat. Sy kom te staan teen Xóchitl Gálvez*, wat die opposisiekoalisie lei. Daar word berig meningspeilings dui tans daarop dat Sheinbaum die voorloper is. President López Obrador geniet op die oomblik meer as 60-persent steun in die land. Volgens die grondwet mag hy die amp net een termyn van ses jaar beklee.