Transnet-transaksies word ondersoek
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland sê hy is tans besig met sewe hofsake met ‘n gesamentlike waarde van byna 57 miljard Suid-Afrikaanse rand. Hy het byna 114 miljoen rand teruggekry en kontrakte ter waarde van meer as 26 miljoen rand tersyde gestel. ‘n Woordvoerder van die ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sê hulle het ‘n bewaringsbevel by die Spesiale Tribunaal gekry om 4,2 miljard rand te vries in bankrekeninge wat met China se CRRC E-Loco Supply verband hou, hangende ‘n aansoek vir die finale verbeuring daarvan: