Hou op om aan Afrika voor te skryf
Reaksie word ontvang op die mening van sommige kenners dat Afrikalande moet wegbeweeg van hoofsaaklik landbou-gebaseerde ekonomieë na ligte nywerhede as hulle daarin wil slaag om hul skuld te betaal. Afrikalande het verlede week byeengekom vir ‘n konferensie oor skuld en ontwikkeling om hul verskillende fiskale posisies te vergelyk en gemeenskaplike oplossings te vind. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê daar word gereeld voorgeskryf aan Afrika en veral in temas. Hy sê beleggingsbeleid moet verbeter.
Maar, hy voeg by dat die vasteland nie beleggers-vriendelik is nie.