Eembe-invoere het 10% heffing

NamRA het ‘n verbod op die invoer van pasta, kookolie en die Angolese Best-whisky sakkies geplaas. Die agentskap sê die produkte voldoen nie aan plaaslike gesondheidstandaarde nie. Die produkte het nie vervaldatums of ‘n lys van bestanddele nie. Yes-sigarette is ook verbied.  Daar is groot uitdagings met die kleinskaalse invoere van die makaroni en smokkelary met die whisky en sigarette vanuit Angola deur die poreuse grens. Die gewilde eembe-bessies het ‘n invoer-heffing van 10 persent wanneer dit vir kommersiële doeleindes ingevoer word terwyl mielies, koring en mahangu geen heffings nie, het ingevolge SACU-maatreëls. Enige hout-invoere moet ook met die nodige permitte vergesel word. Die agentskap werk hard om invoere veral in die verre Noorde te reguleer.