Vee-eienaars in Oshikoto moet paraat wees
Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op vee-eienaars in die Oshikoto-streek om op hul hoede te wees en daagliks hulle diere te tel. Die mag se streekswoordvoerder, inspekteur Ellen Nehale, sê stropery neem toe met die jongste geval die arrestasie van ‘n 32-jarige Namibiese man wat na bewering ‘n koei op plaas Tsumore naby Tsumeb geslag het. Die dier is in ‘n draadlokval gevang. Die karkas is teruggevind en die verdagte sal binnekort in die hof op die dorp verskyn. Regoor die land sukkel boere nie net met vee-diefstal nie maar ook die stropery van wild. Gevalle het skerp toegeneem.