Jhb-brand: Onafhanklike kommissie sal ondersoek instel na oorsaak

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het ‘n kommissie van ondersoek aangestel na verlede week se dodelike brand waarin ‘n gekaapte gebou in Marshalltown, Johannesburg, verwoes is. Lesufi sê die onafhanklike kommissie sal onder die voorsitterskap van oudregter Sisi Khampepe staan, bygestaan deur advokaat Thulani Makhubela en die aktivis Vuyelwa Mabena. Lesufi sê die kommissie sal ook probeer vasstel wie aanspreeklik gehou moet word vir die tragedie: