Die African Rainbow Gold Cup is terug
Die African Rainbow Gold Cup – met 32 spanne van regoor Suid-Afrika – skop op 8 September af na ‘n onderbreking van vier jaar en sal ‘n nuwe en opwindende uitklopformaat bekendstel, wat nog nooit tevore in die landwye klubkompetisie gesien is nie. Die finaal sal op 7 Oktober gespeel word. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, sê klub rugby is van die belangrikste elemente om die spel te ontwikkel. Hy het eksklusief met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat.