Jhb-brand sal sake, beleggings belemmer

Die Johannesburgse Kamer van Koophandel het sy kommer uitgespreek oor die impak van die brand in die gebou in die middestad op sakeondernemings. Volgens Herman Breedt van die Kamer het sakelui wat in die omgewing sake doen bekommernissse oor veiligheid na die voorval beklemtoon. Hy sê ‘n onmiddellike plan is nodig om besighede wat geraak word op korttermyn te help:

Die dodetal in Donderdag se tragedie het intussen tot 76 gestyg na nog twee mense in die hospitaal gesterf het.