Rugby: Jones verdedig Borthwick, blameer beheerliggaam
Die afrigter van die Wallabies, Eddie Jones, het sy opvolger by Engeland se nasionale span, Steve Borthwick, verdedig en sê die beheerliggaam moet die skuld kry vir die span se swak vertonings. Dit volg nadat Engeland verlede week die heel eerste keer teen Fidji verloor het. Jones, wat in ál vyf Australië se toetse aan die verloorkant was sedert hy hoofafrigter geword het, sê die Rugbyvoetbalunie lewer nie genoeg gehaltespelers nie. Engeland het verlede jaar slegs vyf uit 12 toetse onder Jones gewen, en tot dusver slegs drie uit nege onder Borthwick.