Rundu-abattoir hou groot voordele in
Die pas-voltooide Rundu-abattoir sal groot geleenthede vir die twee Kavango-streke inhou. Die abattoir is pas oorhandig aan Meatco wat dit sal bedryf, ook as uitvoer-abattoir. Die goewerneur van Kavango Oos-streek Bonifatius Wakudumo sê veral die boere in die gebied sal voordeel daaruit trek.