Inval in Niger sal migrantekrisis vererger

’n Militêre oplossing vir die staatsgreep in Niger sal ’n “ramp” wees wat ’n nuwe migrasiekrisis kan veroorsaak. Dit is volgens die Italiaanse minister van buitelandse sake, Antonio Tajani. Ecowas het probeer om te onderhandel met die staatsgreepleiers, maar waarsku dat hy gereed is om troepe na Niger te stuur om grondwetlike orde te herstel as diplomatieke pogings misluk. Tajani sê ‘n diplomatieke oplossing moet gevind word. Hy sê al hoe meer vlugtelinge word byvoorbeeld van Sudan ontvang sedert geweld in daardie land uitgebreek het.