WGO-hoof vandag en môre op besoek
Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie is in Namibië vir ‘n twee-dag amptelike besoek. Die doel is om samewerking oor openbare gesondheidsake van wedersydse belang vir die WGO en die regering te versterk in ooreenstemming met strategiese prioriteite om universele gesondheidsdekking te bereik. Hy sal met President Hage Geingob, gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula en die presidentsvrou, Monica Geingos vergader. Hy sal besoek by die Katutura-hospitaal aflê en oor verskeie programme, insluitend MIV-bekamping, ingelig word. Hy sal vanoggend om tien-uur met die media by Staatshuis praat.