Polisiebeamptes is slagoffers van ongeluk buite Otavi

Die twee slagoffers van die ongeluk wat vandag buite Otavi op die B1-hoofweg na Tsumeb plaasgevind het, is Namibiese polisiebeamptes. Volgens die hoof-woordvoerder van Nampol is die beamptes verbonde aan die BBP-direktoraat  en toegewys aan oudpresident Hifikepunye Pohamba. Hulle het vanaf Tsumeb het in die rigting van Otavi gery toe die bestuurder van die Toyota-dubbelkajuitbakkie van die regering met drie passasiers beheer oor die voertuig verloor het nadat die regter-agterband gebars het. Die voertuig het die pad verlaat en verskeie kere gerol voordat dit tot stilstand gekom het. Twee polisiebeamptes, die 37-jarige bestuurder en 54-jarige insittende, is op die toneel dood. Die twee ernstig beseerdes, 48 en 42 jaar oud, is na die Otjiwarongo-staatshospitaal vervoer vir mediese behandeling. Die slagoffers se naasbestaandes is nog nie van hul dood ingelig nie.