Legioensiekte dood 14 in Pole

Veertien mense is tot dusver dood na ‘n uitbreking van Legioensiekte in die Poolse dorp Rzeszow, aan die grens met Oekraïne. Meer as 150 gevalle is bevestig. Legionella is ’n bakterie wat in warmwaterstelsels floreer en word gewoonlik in hotelle, hospitale of kantore opgedoen waar die bakterieë in die watertoevoer beland het. Dit kan versprei word deur lugversorgingstelsels, lugbevogtigers, spa-swembaddens, borrelbaddens en storte wat nie gereeld gebruik word nie. Aanvanklike toetsmonsters kon nie die oorsprong van die bakterieë met sekerheid bepaal nie.