Airlink sal vrag, saam met Paragon, hanteer
Dit wil voorkom asof dinge normaliseer op Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die Suid-Afrikaanse redery Airlink sê het hy vraghantering op die lughawe hervat in samewerking met Paragon Aviation. Die redery het onlangs ‘n tydelike verbod aangekondig. Volgens Linden Birns, skakelbeampte by Airlink, sal die redery se personeel saam met Paragon se mense in die verband werk om te verseker dat die nuwe grondhanteerder op die lughawe bekend is met Airlink se prosesse en stelsels. Daar sal ook onverpoosd gewerk word om die agterstand in te haal. Die vragverbod wat deur Eurowings Discover en Qatar ingestel is, is steeds van krag omdat Paragon nog sekere sertifiserings moet bekom.