Cyril se jeugindiensneming kort R5 miljard om voort te bestaan
Die adjunkminister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Kenny Morolong, sê die beëindiging van die presidensiële jeug-indiensnemingsinisiatief sal die regering se doel om werkloosheid onder die jeug te bekamp, benadeel. Die program wat President Cyril Ramaphosa in 2020 van stapel gestuur het, kan teen Maart volgende jaar gestaak word as dit nie 5 miljard Suid-Afrikaanse rand bekom nie. Morolong sê die program wat tot op hede meer as ‘n miljoen jongmense gehelp het om tydelik werk te kry, kort dringend nog geld: