Hewige gevegte in Libiese hoofstad TripoliAugust 15, 2023
Hewige gevegte kom voor in talle distrikte in die Libiese hoofstad, Tripoli. Dit word bestempel as die ergste geweld vanjaar. Volgens ooggetuies hang digte rook van grofgeskut oor die stad. Sporadiese gevegte het die afgelope weke in die noordweste van Libië voorgekom, maar die huidige geweld tussen die 444 Brigade en die Special Deterrence Force wek kommer. Vlugte na en van die lughawe in Tripoli is gekanselleer.