Nog ‘n SA-party sluit aan by koalisie-gesprekke

Die Independent South African National Civic Organisation is die jongste politieke party wat by die onderhandelingsproses aangesluit het om ‘n ooreenkoms vir ‘n nuwe regering voor volgende jaar se verkiesing te bereik. Sewe politieke partye wat deel is van die proses hou hierdie week ‘n nasionale konvensie. Isanco sluit aan by die DA, die Vryheidsfront Plus, ActionSA, die IVP, United Independent Movement en die Spectrum National Party. Isanco se woordvoerder, Nceba Matomane, sê hulle het in 2021 weggebreek van die ANC-belynde South African National Civic Organisation: