NDF soek amper 3 000 rekrute om volgende week aan te meld 

Die Namibiese ministerie van verdediging het vanoggend in die Engelse dagblad, die New Era, ‘n invoegsel met die kortlys van aansoekers vir inname by die weermag. Al die streke is gedek met tussen 211 en 283 rekrute wat per streek genoem is. Die totaal staan op 2 948. Volgens die ministerie moet die persone by hul verskeie streke aanmeld op 21 Augustus om sewe-uur die oggend vir opleiding en verskeie ander fisiese toetse. Dit is die tweede opeenvolgende jaar wat die weermag nuwe rekrute soek.