Namibiese motocross-ryers behaal vierde plek in die KaapAugust 14, 2023
Die Namibiese motocross-span het uiters goed gevaar in die Motocross of African Nations wat oor die naweek in die Kaap gehou is. Die span van 21 het oor twee dae teen nege ander Afrika-lande in verskeie klasse meegeding. Ingo Waldschmidt, wat saam met die span gereis het, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat sê Namibië het as land, vierde gekom.
En daar was uiters goeie vertonings, ook om podiumplekke te haal.