Hume se mislukte veiling… wettiging van horingverkope kern tot renosterbewaringAugust 14, 2023

Renosterbewaring is in die nuus. John Hume se Platinum Rhino, wat op 1 Mei op veiling geplaas is, het nie een enkele bod ontvang nie. Hume het 1 999 witrenosters en sê hy kan nie meer Platinum Rhino se daaglikse bestuur van 9 800 Amerikaanse dollar, of net meer as 183 000 Namibiese dollar, bekostig nie. Dit het weer die uitdagings met renosterbewaring na vore gebring. Daar is ‘n tekort aan veilige ruimte vir renosters eerder as ‘n tekort aan renosters, en dit maak die toekoms van Platinum Rhino onseker. Namibiese boere wat swart-renosters namens die staat huisves, sê ook beskerming raak te duur. Kosmos 94.1 nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma Project gesels. Hy sê hy hoop ‘n filantroop sal na vore tree maar, die wettiging van handel in renosterhoring is ook nodig om waarde aan die diere te koppel.