Alcaraz, Djokovic die week in Cincinnati in aksie
Die wêreld se twee topspelers, Carlos Alcaraz en Novak Djokovic, is hierdie week in aksie by die Cincinnati Ope in Ohio. Die Spanjaard, wat verlede jaar die kwarteindronde gehaal het, moet in die eindstryd speel om die wêreld se topspeler te bly en vóór Djokovic as nommer een gekeur te word vir die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het in 2020 laas aan dié toernooi deelgeneem. Alcaraz sal in sy openingswedstryd teen óf die Amerikaner John Isner óf ’n kwalifiseerder speel, terwyl Djokovic teen Spanje se Alejandro Davidovich Fokina óf Argentinië se Tomas Martin Etcheverry te staan sal kom.