Creecy sê SA wil oorskakel van omgewingsrassisme na volhoubare ontwikkeling

Die buurland se omgewingsminister, Barbara Creecy, vra die Verenigde Nasies se ondersteuning in die oorskakeling in Suid-Afrika van omgewingsrassisme na volhoubare ontwikkeling en grondwetlike verwesenliking van menseregte. Sy het die VN se spesiale rapporteur oor gifstowwe en menseregte, Marcos Orellana, geloof vir sy suksesvolle besoek. Besprekings en besoeke het gefokus op gevaarlike afval en chemikalieë, tegnologiese oordrag en ondersteuning vir veilige omgewings. Die woordvoerder van die departement, Peter Mbelengwa, sê Creecy wag nou op Orellana se verslag, wat daarop gemik is om omgewingsbestuur te verbeter: