Zuma se vrylating sal regstoets slaag – Lamola
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, hou vol die besluit om oudpresident Jacob Zuma se vonnis te versag, sal regsondersoek deurstaan. Die gewese president trek voordeel uit die kwytskeldingsproses wat tot gevolg sal hê dat meer as 9 000 gevangenes onder korrektiewe toesig vrygelaat word om verligting te bied in oorvol tronke. Zuma is vanoggend by die gevangenis in Estcourt in KwaZulu-Natal aan administratiewe prosesse onderwerp wat die kwytskeldingsproses insluit. Lamola sê die spesiale kwytskelding is nie spesiaal vir Zuma uitgedink nie: