Orano kry sonkrag-aanleg

InnoSun Energy Holdings, ‘n filiaal van die Franse maatskappy InnoVent, het bouwerk aan ‘n 9,8 megawatt sonkragplaas by Trekkopje in Namibië begin. Die fasiliteit sal die Franse groep Orano se ontsoutingsaanleg in die Erongo-streek met krag voorsien. InnoSun wil sy geïnstalleerde kapasiteit in Namibië vergroot en het ‘n jaar gelede ‘n tien-jaar kragkoopooreenkoms met Orano onderteken vir ‘n 5 megawatt sonkragaanleg, wat ook sy ontsoutingsaanleg by Wlotzkasbaken in die Erongo-streek in die weste van Namibië sal aandryf. Die aanleg is gebou om vars water aan die Trekkopje-uraanmyn te verskaf maar die myn is nooit in werking gestel nie. Water word nou deur NamWater aangekoop vir voorsiening aan die gebied.