Jhb-waardasie veroorsaak ook besware

Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra die opskorting van die eiendomsrekeninge van meer as 40 000 belastingbetalers wat beswaar maak teen Johannesburg se waardasiestelsel in die algemene waardasierol van 2023. Die organisasie beoog om teen die einde van hierdie maand ‘n versoekskrif in te dien wat vra vir billike verligting vir belastingbetalers wat geraak word. ʼn Woordvoerder van Outa, Julius Kleynhans, sê ondanks openbare beswaar het die Stad Johannesburg skerp verhogings in waardasies van gemiddeld 37 persent aanvaar, benewens ‘n verhoging van 2 persent in eiendomsbelasting: