Meer as 100 000 doen aansoek vir tydelike sensus-poste

Die Namibiese Statistieke-agentskap het altesaam 101 009 aansoeke vir verskeie veldpersoneel-poste alleen en ‘n verdere 10 485 aansoeke vir kantoor-gebaseerde poste deur hul aanlyn-werwing-stelsel vir die sensus ontvang. Die Nasionale Bevolking en Behuisingsensus vereis sowat 13 000 tydelike personeel. ‘n Kwotastelsel geld vir 131 San- en Ovahimba, dus een persent van die bevolking, en 262 gemarginaliseerde en gestremde mense, dus twee persent. Kosmos 94.1 het met die korporatiewe kommunikasiebestuurder van die agentskap, Iipumbu Sakaria gesels…