Kaapse taxi-staking: Skole loop deur
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy is daartoe verbind om te midde van die taxistaking skole so ver as moontlik en waar dit veilig is, oop te hou. Meer as 850 000 leerders moes Dinsdag tuis bly en 92 skole is gesluit weens kommer oor veiligheid of lae bywoningsyfers. Meer as 17 000 personeellede kon ook nie by skole uitkom nie. LUR David Maynier sê besluite om sekere skole te sluit, sal op die basis van individuele gevalle geneem word: