AR se aansoek vir politieke party, teruggestuur
Plaaslike media berig dat die Namibiese Verkiesingskommissie die aansoek van die Affirmative Repositioning-beweging om as politieke party te registreer, teruggestuur het. Volgens wat berig word, moet die beweging aanpassings maak. Die kommissie wou nie verdere besonderhede bekend maak nie maar sê die aansoek is nie verwerp nie, daar is net sekere vereistes wat nie nagekom is nie. Onder van die vereistes moet daar ‘n verklaring met ten minste 3 500 handtekenings wat versprei is uit ‘n minimum van sewe streke in die land wees. Die beweging se hoof van regsaangeleenthede Maitjituavi Kavetu is die kwessies wat aangespreek moet word is gering.