Winde: Taxi-staking het verwoestende impak

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het ernstige kommer uitgespreek oor die verwoestende uitwerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad se staking. Die staking het gelei tot geweld en skade aan eiendom en raak kritieke dienste in die provinsie. Meer as 287 000 leerders en 9 000 onderwysers kan nie skool bywoon nie, terwyl gesondheidsdienste ontwrig is weens operasies wat uitgestel is en beperkte vermoë by gesondheidsorg-geriewe. Winde versoek die terugkeer na onderhandelings om die situasie op te los en ‘n einde te maak aan die wetteloosheid.