Verdrinking van tienermeisie op Oranjemund ondersoek
Die Namibiese polisie by Oranjemund ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n 16-jarige meisie van Gochas, Geraldine Jonker, in die Oranjerivier verdrink het. NamPol se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Karas-streek, adjunkkommissaris Nikodemus Mbango, sê na bewering het die 33-jarige bestuurder van die voertuig waarin die meisie was, die voertuig in die Oranjerivier ingery. Hy sê die bestuurder is van Keetmanshoop en het glo verdwaal en in die rivier beland waar dit die see ontmoet. Die bestuurder het daarin geslaag om na veiligheid te swem. Die liggaam van die tienermeisie is deur duikers gevind.